Vriende in ons Here Jesus Christus,
Ons skryf aan u om in opgewondenheid - en in ‘n hoopvolle afwagting -
te vertel van ‘n vootgesette inisiatief hier in die Roseville
Presbyteriaanse Kerk... Dalk het u al daarvan gehoor ..?
Vanaf 29 Augustus 2010 (DV) wil ons voortaan maandeliks elke
Sondagaand (behalwe een) om 5nm bymekaarkom om ons Here te loof en om
na die verkonding van Sy woord te luister... alles in Afrikaans!
Dit blyk dat ‘n diepe behoefte steeds bestaan om juis in Afrikaans ook
aan ons geloofsbelewenis uiting te gee. Met die instelling van
weeklikse Afrikaanse dienste wil die gemeente van die Roseville
Presbyteriaanse Kerk almal wat so ‘n behoefte het, hartlik verwelkom.
Hierdie brief is ‘n persoonlike uitnodiging aan U! om by ons aan te
sluit, Sondae om 5nm, by 28 Lord Street, Roseville.
Dit is ons hoop en ons vertroue dat daar in die Here se goeie tyd hier
‘n ware modernewereldse gemeente tot stand sal kom wat dit uitleef dat
ons in die eerste plek medegelowiges is, verening in ons geloof in
Jesus ons Verlosser. Met die brief nooi ons u uit om met oorgawe deel
te word van so ‘n gemeente – of as u wil, natuurlik, net van tyd tot
tyd saam met ons, ons almal se lofprysinge en dankbaarheid tot God op
te dra.
U word ook hartlik uitgenooi om U kinders saam te bring vir
Sondagskool en katkisasie. Hier kan hulle saam met maatjies in ‘n
vriendelike atmosfeer leer oor die genade van Jesus vir almal wat in
Hom glo. Ons volg ‘n leerplan (soos ook in die prediking) wat suiwer
op die goeienuus van Christus se verlossing vir gelowiges gebaseer is.
Die programme is spesifiek ontwerp vir kinders van jaar een to jaar
drie (Sondagskool) en vir ons ouer kinders wat nog nie belydenis van
geloof afgele het nie (katkisasie). Die Sondagskool en katkisasie
sessies gebeur op dieselfde tyd as die erediens in Engels.
*Vergun ons ook om langs die weg met u te deel waaraan ons werk vir
die volgende drie weke (volgende bladsy):
Sondag 29 Augustus, 5nm – Afrikaanse Erediens. Prediker - Ds Stephen Jonker
Sondag 4 September, 5nm – Nagmaal (Bedien deur Ds Stephen) Prediker – Corrie Nel
Sondag 12 September, 5nm – Afrikaanse Erediens - Prediker - Dr Kobus
Gerber, lid van ‘n afvaardiging van die Kommissie vir Buitelandse
Bediening
Elke tweede Sondagoggend om 9.30 vm, gelyklopend met die Engelse
oggend erediens is daar ‘n verder geleentheid om God in Afrikaans te
aanbid. Hierdie diens kan met tye ook tweetalig wees. Daar is steeds
elke Sondag ‘n Engelse erediens, om 9.30vm.
Vriende, dankie dat ons vir julle kan skryf. Ons sien uit daarna on u
te ontmoet of weer te sien. Kom sommer vroeg al en kuier ‘n bietjie as
u wil. Van 4.15af drink ons koffie. Kom geniet ‘n koeksister of twee,
of melktert dalk? Kom een... kom almal... loof en prys die Here. Sy
goedheid en genade ken geen einde nie vir die wat hom opsoek!
Rev Graham Spence: Tel: 0412 347 466 (tans op verlof)
Ds Stephen Jonker: Tel: 0403 640 012 of
sajon11@gmail.com Corrie Nel (Home Missionary): Tel: 0409 668 454 of
cpjnel@gmail.com Voel asseblief vry om ons te kontak vir enige verdere inligting.